Waarom ons besluit het om nie Suid-Afrika te verlaat nie

in afrikaans •  5 years ago 

Suid-Afrika gaan 'n moeilike stadium binne. Wanneer na You Tube video's gekyk word, wil dit bleik ons staan op die rand van 'n burgeroorlog. Persoonlik dink ek nie daar gaan 'n burgeroorlog uitbreek nie, maar dat ons wel onrus gaan kry, is verseker. Baie van die buitelanders wat die blankes ondersteuner maak baie oproepe dat die blankes Suid-Afrika moet verlaat. Dit is egter nie so maklik nie.

'n Paar jaar gelede het ek en my vrou wel Nieuw-Seeland besoek met die vraag of ons gaan trek of nie. Alhoewel NS 'n baie mooi land is, was ons beluit om te bly. Daar was verskeie redes vir die besluit, maar hier is 'n paar.

  1. Ekonomies
    Dit hang af in watter stadium van jou lewe jy is. As jy jonk is en nog nie werklik 'n beroep begin het nie of jy het 'n beroep maar nie veel afhandlikes nie, is dit makliker om so 'n moeilike besluit nie. Sodra jy gevestig is, raak die besluit moeiliker. 'n Gevestigde beroep en gesin is moeiliker om te ontwortel. Dan is daar nie eers 'n waarborg dat dit wel lewensvatbaar gaan wees nie en jy mag net weer in Suid-Afrika op eindig.

  2. Familie
    Niemand staan alleen nie. Of ons van 'n familie hou of nie, bloed is dikker as water. Wanneer die nood dreig is jou familie jou enigste weklike ondersteuningsstruktuur. So is ons ook 'n steunpilaar vir ander familielede. Die grootste verantwoordelikheid is aan hulle wat nie meer vir hulle self kan help nie - ons ouers.

  3. Geskiedenis
    Ek skryf uit die oogpunt van 'n Afrikaner en sien myself nie as 'n settelaar in Afrika nie. Ek sien die Afrikaner soos enige ander Afrika nasie as inheems tot Afrika. Om net op te gee en te trek, beteken ek gee op dit wat my voorouers voor geveg het en verkry het. Hulle het baie opgeoffer om my 'n beter lewe te gee. Soos hulle moeilikhede getrotseer het, so is dit nou my generasie se beurt om te doen.

  4. Godsdiens
    Ek skryf nie net as 'n Afrikaner nie, maar ook as 'n Christen wat glo dat Vader 'n volk aan die suidpunt van Afrika gevestig het om Sy naam te eer. As Vader my hier geplaas het, wie is ek om net tou op te gooi om te trek. Ek mag alleenlik Suid-Afrika verlaat indien Vader my baie duidelike leiding gee dat ek so mag doen. Indien ek nie die leiding kry nie, sal ek nie Sy seën kry waar ek ook al vestig nie.

  5. Kultuur
    Daar is net een plek om 'n Afrikaner kultuur te kry en dit is in Suid-Afrika. Met ons besoek aan NS was dit die grootste ding wat my opgeval het. Daardie mense is nie dieselfde nie. 'n Mens kan vakansie hou, maar om daar te woon gaan meer nodig wees as om net daar te gaan vestig. Ek sal bereid moet wees om op te gee wat ek is en een van hulle word. Ten spyte daarvan sal ek die res van my lewe nog steeds 'n buitelander wees.

In kort, ek en my gesin is hier om te bly. Dit gaan moeilik raak, maar ons glo Vader is in beheer. My kinders kan die voltooing van hulle studies nog steeds besluit of hulle Suid-Afrika wil verlaat of nie.

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!