ANC "Backlash" is oppad

in community •  7 years ago 

-----Original Message-----

From: Omar Fourie
Sent: Sunday, August 21, 2016 6:40 PM
To: ...
Cc: ...
Subject: Lesersbrief vir Ditsem koerant

Goeiedag,

Vind asseblief hieronder 'n skrywe wat ek graag rig aan Ditsem koerant.

Gebruik dit soos u goeddink.

Vriendelike groete

Omar Fourie

22 Augustus 2016.

ANC 'Backlash' is Oppad

'n Vlaag van euforie en verligting het die laaste tyd oor blanke kiesers gespoel na die DA se goeie vertoning met die afgelope munisipale verkiesings en die ANC se swakker steun by die stembus deur 'n wegbly stem en 'n stem teen Jacob Zuma onder die ANC se tradisionele ondersteuners.

Daar is selfs gissings dat die ANC dalk die volgende Algemene Verkiesings in 2019 mag verloor, of immers so swak gaan vaar dat die party sy greep op regeringsmag kan verloor, wat die pas afgelope verkiesing 'n nog hoer profiel gee. Dat die uitslae van die munisipale verkiesings merkwaardig is, is nie te betwyfel nie; dit mag dalk egter nie die gewenste gevolge oplewer wat die kiesers van Suid-Afrika nou op hoop nie en lei beslis nie 'n meer volwasse Suid-Afrikaanse demokrasie in nie.

Vir liberale blankes is die uitslae 'n bevestiging van die nuwe demokratiese bestel waarop gehoop en selfs geagiteer was voor en sedert 1994. Hierdie groep kiesers is moontlik ietwat verlig omdat dit gelyk het vir 'n oomblik (eintlik etlike dekades) of die politieke bestel in Suid-Afrika nooit van party en dus van regeringsmag gaan verander nie en nooit 'n liberale demokrasie gaan word nie. Volgens hierdie kiesersgroep het hierdie era nou aangebreek.

Die konserwatiewe blanke kiesersgroep se oogmerke en belange loop nie normaalweg langs die lyne van die liberale groep nie, veral nie wat die demokrasie in Suid-Afrika betref nie. Wat hierdie groep egter wel met die liberale blanke in gemeen het is die begeerte om 'n einde te bring aan die regeringsmag wat die ANC hou. Die loesing wat die ANC ontvang het die afgelope verkiesing en sy skynbare swakker houvas op mag deur die kleiner politieke partye wat saamspan om die ANC uit plaaslike regerings te maneuver betrek die konserwatiewe blanke Afrikaner kieser ook. Dit kan gesien word in die samewerking van die VF Plus wat in koalisieregering met die DA in verskeie munisipaliteite gegaan het en die indruk onder konserwatiewe Afrikaners dat die ruimte waarin hulle ideologies beweeg nou moontlik kan verbreed. Hierdie indruk kan selfs 'n negatiewe invloed uitoefen op die volkstaat gedagte aangesien die konserwatiewe Afrikaner moontlik nou kan terugval op die ou begeerte van nasionale blanke beheer - in watter verdraaide liberale gedaante hulle dit ookal mag aantref.

Die waarskuwing is egter as volg. Die ANC is dalk nou verward oor wat gebeur het. Die uitslag van die verkiesing mag dalk 'n groter knou vir die kolos wees as toe Thabo Mbeki afgedank was en ANC lede weggebreek en COPE gestig het. Maar dat daar 'n ANC 'backlash' gaan wees is gewis en dit gaan noemenswaardig wees en dit gaan gerig wees teen die ANC se vyande, beide nuut en oud. Die blanke en Afrikaner tel steeds onder hierdie vyande; 'n vyand wat steeds groot figureer in die ANC se bewussyn en is 'n maklike teiken.

Dit is verbasend hoe die blanke en dus ook die Afrikaner die Suid-Afrikaanse politiek en sy reels en diegene wat daaroor beheer uitvoer interpreteer en probeer verstaan en daarmee handel. Meestal word dit gedoen deur die bril van die kultuur van die Weste of die gewoontes van die verlede, veral die arrogante gewoonte van meerderwaardigheid. Daarmee word die ware toedrag van sake op die politieke landskap dikwels deur die blanke mis gekyk.

Watter vorm gaan die terughou van die ANC aanneem? Dit is nie seker nie. Robert Mugabe het die blanke boere geteiken toe hy sy greep op regeringsmag begin verloor in Zimbabwe en die resultaat vir die blanke boere was, soos die onlangse geskiedenis leer, katastrofies.

Die ANC mag dalk hierdie roete volg of dalk deur ander maniere terugslaan. Dat daar egter 'n geweldige ANC 'backlash' oppad is, is beslis.

Omar Fourie, Ph.D. student.
Orania.

(Emailed: 21 August 2016)

NEWSPAPER REPLY:

----- Forwarded message -----
From: ...
To: ...
Sent: Monday, 22 August 2016, 08:52:52 SAST
Subject: Re: Lesersbrief vir Ditsem koerant

Goeiemore Omar

Dankie vir jou brief. Dit is interessant en getuig van goeie denke. Dit is egter aan die lang kant vir plasing en ek wil vra of jy dit met ongeveer die helfte kan verkort in jou eie woorde, asb.

Wat die strekking van jou brief betref, mag ek enkele opmerkings maak, gesien uit my persoonlike oogpunt. Die ANC is nie hul eie meesters nie, hoewel hulle intelligent en boos is. Hulle is inderwaarheid handperde van die Nuwe Wêreldorde (NWO) oftewel internasionale geldmag oftewel Illuminati. Die SA en internasionale politiek behoort myns insiens altyd deur hierdie bril gesien te word.
Voorts is dit inderdaad so dat hierdie mense gesamentlik steeds die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), wat insluit die vernietiging van die Afrikanervolk, voor oë het. Daarom kan blankes in die land verwag dat die skroewe teen hulle voortaan verder aangedraai gaan word. Die troos egter vir die Christen-gelowige is dat God die enigste Albeskikker is.

Ek wil jou graag persoonlik ontmoet en praat oor moontlike betrokkenheid by Ditsem Nuus. Kan jy miskien inkom na ons kantoor te ... op 'n afgesproke tyd?

Groete

JD
REDAKTEUR

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!
Sort Order:  

----- Forwarded message -----
From: ...
To: ...
Sent: Monday, 22 August 2016, 08:52:52 SAST
Subject: Re: Lesersbrief vir Ditsem koerant

Goeiemore Omar

Dankie vir jou brief. Dit is interessant en getuig van goeie denke. Dit is egter aan die lang kant vir plasing en ek wil vra of jy dit met ongeveer die helfte kan verkort in jou eie woorde, asb.

Wat die strekking van jou brief betref, mag ek enkele opmerkings maak, gesien uit my persoonlike oogpunt. Die ANC is nie hul eie meesters nie, hoewel hulle intelligent en boos is. Hulle is inderwaarheid handperde van die Nuwe Wêreldorde (NWO) oftewel internasionale geldmag oftewel Illuminati. Die SA en internasionale politiek behoort myns insiens altyd deur hierdie bril gesien te word.
Voorts is dit inderdaad so dat hierdie mense gesamentlik steeds die Nasionale Demokratiese Rewolusie (NDR), wat insluit die vernietiging van die Afrikanervolk, voor oë het. Daarom kan blankes in die land verwag dat die skroewe teen hulle voortaan verder aangedraai gaan word. Die troos egter vir die Christen-gelowige is dat God die enigste Albeskikker is.

Ek wil jou graag persoonlik ontmoet en praat oor moontlike betrokkenheid by Ditsem Nuus. Kan jy miskien inkom na ons kantoor te...op 'n afgesproke tyd?

Groete

JD
REDAKTEUR