Wat ek nou gaan skryf is vir myself - nie vir die publiek nie. Die leser is welkom om te deel in my gedagtes, maar persoonlike ondervinding het geleer dat dit nie vir enige een is nie.
Die mense verskil van die dier deur dat hy 'n verbeelding het. Hy het die vermoeë om te kan skep. As dit die mens onderskei van die ander skepsels, moet dit ook nou verband hou met die doel van die mens op aarde. Ons as mense is hier om te skep en te hervorm. Ek weet daar is tans 'n lewensuitkyk wat die natuur as heilig sien en dat enige verandering daarin 'n sonde is. Ek aanbid nie die natuur nie. Ek glo die natuur is belangrik en dien as 'n habitat vir die mens. As die natuur vernietig word, word die mens ook vernietig. Maar die mens is meer as die natuur en heers daaroor. Dit is nie daar om te dien as 'n god wat die mens vertroos in tye nood en benoudheid of sin te gee aan die menslike bestaan nie.
Die natuur maak deel uit van die mense se sintuiglike realiteit. Wanneer ek te veel op die natuur gefokus raak, word die sintuiglike die enigste werklikheid vir my. Vir my bestaan die sintuiglike of wat die Bybel die Vlees noem, uit verskillende pilare. Die eerste is die sintuie - dit wat ons ervaar. Dan is daar die logika - dit wat ek met my intellek kan verstaan. Laastens is daar die emosionele - my behoeftes en begeertes. Solank ek in die sintuiglike realiteit vas gevang is, kan ek nie die doel van my bestaan volbring nie. Die mag om te vorm is geleë in die abstrakte realiteit. Eers wanneer ek die abstrakte realiteit betree, kan die vorm van my bestaan se doel aanneem. Die vraag is hoe betree is die abstrakte realiteit?
Die "New Thought" denkers, glo ek, het 'n baie waardevolle beginsels in die proses ontdek - die mens se denke. My denke is die skakelaar wat my tussen die sintuiglike en die abstrakte realiteit laat beweeg. Met my denke gaan ek die abstrakte binne. In 'n seker mate is dit iets wat ons voortdurend doen in die vorm van beplanning om iets doen. Daardie beplanning is 'n projektering in die abstrakte waar ons probeer sin maak van dit wat nog nie gebeur het nie of hoe ons iets kan laat gebeur. Dit is maar die skraapsels op die punt van die ysberg. Om die skakelaar oor te skakel na die abstrakte realiteit moet ek beheer oor my denke hê. Van nature laat my denke my op die sintuiglike realiteit fokus, want dit is die realiteit wat vir my die mees werklikheid voel. Ek moet hierdie fokus kan skuif en dit kan net gedoen word as ek my denke kan skil maak. Dit wil bleik dat die Boediste dit ook alreeds weet, want dit is presies wat hulle met hulle meditasie doen. By hulle lei dit groter passiwiteit wat ek nie glo reg is nie.
In die reeks "Westworld" waar kunsmatige intelligensie ontwikkel word om so na as moontlik aan die mens te wees, praat hulle van 'n "anker herrinering". Dit is 'n dramatiese gebeurtenis wat hulle in die robot in bou waarom die hele persoonlikheid dan gebou word. Wanneer so 'n "anker herinnering" verwyder word, pleeg die robot selfmoord. Ek weet dit is fiksie, maar die skrywer van die storie bring 'n baie belangrike waarheid na vore vir die mens. Om as mens te ontwikkel en te groei moet my persoonlikheid ook om 'n anker gebou word. Wanneer so 'n anker nie bestaan nie, word die mense se lewewyse voorgeskryf deur sy ervarings van die sintuiglike realiteit. Dit is 'n mense met geen persoonlikheid het nie en wie se lewe baie chaos besit. Dit konsep van 'n "anker" word ook gesteun deur die Chaos Teorie in die uitbeelding wat genoem word "Chaos game". In die spel word gedemonstreer hoe order uit oëskynlik chaos geskep word deur konstant 'n reël(s) te gehoorsaam ongeag die omstandighede. Vir my dus om die abstrakte realiteit binne te gaan moet ek vir myself 'n anker skep anders sal so 'n oefening nie moontlik wees nie, of net eenvoudig sinneloos. Benjamin Franklin wat seker een van die mense is wat die meeste in sy leeftyd reggekry het, het 'n sterk anker in sy lewe gehad. Hy het vir homself 10 reëls geskep waar volgens hy al sy optrede daagliks ge-evalueer het. Uit Franklin se lewe is dit dus duidelik dat so 'n anker bestaan uit beginsels wat wat ek as mense ten alle tye, ongeag die omstandighede, probeer nakom.
Victor Frankl in sy boek "Man search for meaning" vra hy sy vraag waarom seker mense die Duitse konsentrasie kampe oorleef en ander nie. Sy observasie maak hy self as 'n gevangene en hy besef dat die wat oorleef, die is wat glo hulle het nog 'n taak om af te handel. Hy self het 'n visie geskep hoe hy klas gee en vir sy student die lesse wat hy in die konsentrasiekamp geleer het. 'n Visie wat vir hom bewaarheid geraak het. Die konsep vorm ook die kern van Frankl se sielkundige uitkyk op die lewe. Die "New Thought" denkers in die persoon van James Allen maak ook standpunt dat "Man should conceive of a legitimate purpose in his heart and set out to accomplish it". Om die abstrakte binne te gaan en te doen wat die mens veronderstel is om te doen, is te weet wat hy wil bereik - nie noodwendig hoe hy dit wil bereik nie. Doelwit stelling is dus ee nvan die pilare om die abstrakte realiteit binne te gaan.
Paulus sê "ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee". Die Hebreër skrywer sê dat die wat na God gaan moet glo dat Hy is en dat Hy 'n beloner is van die wat Hom soek. Dan verduidelik die skrywer hoe die geloofshelde van ouds ongelooflike dinge reggekry het deur net op God te vertrou. Die Hebreër skrywer begin sy gesprek oor geloof met die stelling "Die geloof is 'n vaste vertoue op die dinge wat ons hoop, 'n bewys van die dinge wat ons nie sien nie." Die dinge wat ons hoop, kan terug getrek word na die doelstelling wat ons vir ons self stel. Die tweede gedeelte is wat belangrik is hier - deur ons doelwit te kombineer met die geloof, kan ons die abstrakte realiteit binne gaan deur dat my geloof die bewys raak van die dinge wat ek nie in die sintuiglike realiteit kan waarneem nie.
In opsomming. Ek moet die mag van die sintuiglike realiteit op my, afgooi. Ek doen dit deur die abstrakte realiteit binne te gaan. Die pad is om eerstens beheer oor my denke te kry. My denke is die skakelaar wat altyd op die singtuiglike realiteit gestel is. Ek verander die skakelaar deur stil te raak in my denke en aan niks te dink nie. Om die pad van die abstrakte te stap moet ek vir my beginsels te skep wat ek gehoorsaam ongeag die omstandighede. Daarna moet ek vir my 'n doel opstel wat ek wil bereik en daarna strewe. Laastens, moet ek die pad in die geloof stap en glo dat God die nodig wysheid sal gee wanneer benodig. My geloof moet nie wees in die uitkoms van pad nie, maar in die persoonlikheid van God dat Hy grote is alles is en dat Hy my lief het en my beste belange op Sy hart dra.
Ek weet nie of die denke volledig is nie. Dit is wat nou vir my duidelike geword het. Daar mag ook dalk baie gate in die denke wees, maar dit is 'n ander dag se probleem. Nou beteken dit vir my iets.
Pragtig ...
Downvoting a post can decrease pending rewards and make it less visible. Common reasons:
Submit