Geniet die lewe - Of nie

in lewe •  6 years ago 

24 April 2016, Aand, Orania

Daar is honderde-duisende mense wat nie verder as nul jaar word nie, of ouer as een jaar oud word nie. Selfs al kan mense honderd / honderd-en-vyftig, tweehonderd jaar oud word deur die verbetering in die mediese wetenskap, móét hulle ook doodgaan, hulle sál ook uiteindelik doodgaan.

‘n Mens moet elke dag waardeer, dit vat soos hy kom. Nie dat dit saakmaak hoeveel jy ervaar, doen en waardeer nie, as jy dood is, is jy dood. Selfs om te skryf het nie langtermyn waarde nie. Wie gaan die moeite doen om hierdie woorde te lees, wat in elk geval beperkte waarde het? Hoe lank sal hierdie papier hou? Vir hoe lank nog sal mense Afrikaans kan lees en verstaan? Of vra liewer, gaan hierdie skrywe as dit saamgaan Nieu-Seeland of Australië toe deur ‘n Nieu-Seelander of Australiër gelees kan word (verstaan kan word)?

24 April 2016 – Aand vervolg.

Op die ou einde beteken iets wat jy versamel het, of gedoen het - het dit waarde - slegs vir jou en jou familie en vriende. En dit beteken soms maar net iets vir hulle as dit aan hulle gegee word of saam met hulle gedoen word. As dit nie langtermyn waarde het nie kan dit baie funksioneel word – hoekom ‘n bottle wyn hou vir ‘n onseker toekoms, drink en geniet dit eerder NOU.

Maar dit blyk nie sentimentaliteit weg te neem nie – ek weet nie hoekom nie – maar dit is wat jy ervaar. Jy bly hartseer verlange voel na mense en dinge. Miskien is dit ‘n teenvoeter vir sentimentaliteit: ‘n belegging in ‘n vasste toekoms waarin jy glo – hou dus die wynbottel vir later.

  • Omar Daniel Fourie, 27 Augustus 2018, Steemit en Blogger.

GenietdieLeweofNie.jpg

GenietdieLeweofNie (1).jpg

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!