Alleenwees

in omardanielfourie •  7 years ago 

ALLEENWEES

Dit is so moeilik om alleen te wees. Daar is al baie daaroor geskryf en gesê, maar wie kan dit verban? Wie kan dit verjaag? Dit is nie altyd daar nie, of liewers nie altyd op die voorgrond nie, of wyk dit soms heeltemal? Maar dit keer altyd terug. Dit is seker meer aanwesig by sommiges en minder by ander, miskien is dit afwesig by party, maar dit is stellig ‘n leuen of die alleenheid word vermy, verdoesel, ge-ignoreer deur die persoon wat dit sê.

Laurika Rauch sing: “Wie sal ooit die liefde kan verstaan?’, maar wie sal ooit die alleenheid kan verstaan? Dit slaan klokhelder, wie sal ooit die alleenheid kan verstaan?

Ons is alleen omdat ons as mens geskei het van die natuur. Ons is alleen omdat ons individue is en die kollektief agter gelaat het. Ons is alleen oor Ayn Rand en atomisering van die mens. Kapitalisme help ook nie, dit en atomisering verdeel en redusseer alles tot ‘n ekonomiese eenheid, die volk, die buurt, die familie, die individu en selfs die kind (word nou as ekonomies onafhanklike eenheid beskou).

Ons probeer alleenheid kwyn deur dwelms, alkohol, te veel te werk, deur te veel te eet. Ons probeer alleen wees laat verdwyn deur aggressie, deur troeteldiere, DEUR DIE LIEFDE.

Die ek,

Ek is alleen
Ek voel alleen
‘I feel divorced from community,
I feel divorced from nature’
Ek voel seer en ek voel bang.

Ek eet, ek kyk tv, YouTube, ek lees, ek het my katte lief, ek het my familie lief, Ek dink ek het nie genoeg familie nie. Nie genoeg liefde nie, nie genoeg aan gemeenskap nie. Ek het miskien te veel tyd.

Miskien het die mens te veel tyd. Te veel lewensjare op hande.

Te veel EK.

Deur: Omar Fourie, 23 Februarie 2018

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!