Wat is verhewe bo geld?

in omardanielfourie •  7 years ago  (edited)

Ek wil graag by julle hoor wat op aarde is verhewe (ek bedoel belangriker) bo geld (behalwe die dood)?

Vriend se reaksie: Dalk die lewe self? Of het jy iets materieël as antwoord in gedagte? Jy moet dalk die vraag meer omskryf.

Omar Fourie: Nee. Ek reken as die lewe meer werd was as geld sou huurmoordenaars sonder werk gesit het. En die kapitalisme nie so hard probeer het om alle mense te atomiseer tot 'n individuele verbruikers/produksie eenheid nie. Nee die lewe is nie meer werd as geld nie.

Materieël, idees, ideologieë, enige iets. Ek wil kyk hoe ver en diep dit gaan.

Nog ‘n Vriend (B): Sielevrede

Omar Fourie reaksie: Ek stem saam geld kan nie ten volle sielevrede koop nie (maar selfs al is dit net gedeeltelik troef geld sielevrede al klaar), maar geld kan ten volle sielevrede steel: dink maar net aan hoe dit is om honger te wees, of nie kos te kan koop vir jou kinders nie. Lees gerus Frank Mccourt se "Angela's Ashes". Nee, sielevrede is nie belangriker as geld nie. Miskien verhewe as idee, soos die 'lewe' wat ons vriend genoem het, maar nie belangriker nie.

Vriend B: Omar fourieek kyk dikwels Alaska, "Last Frontier". Die mense antwoord voor die voet, hulle bly daar om vry te wees.Watse vryheid? Van geld en goed. Lewe van die aarde. Werk hard, beplan,o ntbeer, trotseer!Maar vry van die rotresies!

Omar Fourie: Dààr is deel van die antwoord. Die mens het hom stelselmatig verwyder van die natuur en die wette wat die natuur neerlê vir oorlewing. Die mens het dit getroef deur oorlewing stelselmatig te "out source" na die geld sisteem. In die begin miskien nie tot so 'n mate nie, selfs nie eers 2honderd jaar terug nie, maar toenemend word geld in die moderne sisteem meer en meer verhewe bo alles. So by so dat ek nie iets kan uitwys wat nie meer deur dit geraak/beheer/beïnvloed/domineer word nie.

Kapitalisme soos ons dit vandag ken soek nie net nuwe markte op onder-ontginde gebiede nie. Maar dit soek heel nuwe markte wat nooit bestaan het nie: soos om byv. kinders en ou mense as ekonomiese eenheid te beskou.

Friend B: Waarheid (Truth)!!!

Die Rooihuide van VSA is vir my ook, soos in hul ou leefwyse, ‘n voorbeeld van vryheid.

Omar Fourie: Jy praat van die program "Last Frontier". Dit is stellig 'n voorbeeld van individue wat die eise van ons moderne bestaan probeer afskud. Maar jy praat ook van die Amerikaanse Indiane, wat my en jou nader bring aan 'n moontlike oplossing vir die oorheersing van geld, nl. Kommunaliteit of kommunale lewe, 'n tipe sosiale verantwoordbaarheidslewe. Nie Kommunisme nie, maar miskien 'n tipe sosialisme.

Omar Fourie, 22 March 2018.moneynotes.jpgTh11-Paper money.jpg

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!
Sort Order:  

Vriend C: Ek sou se "meaning" is baie belangrik. Ek dink ook geld is baie belangrik, spesifiek goud. Hoekom is geld noodwendig sleg? Hoe sal jy hierdie kommunale lewe verwesenlik en watse rol gaan jy daarin speel? Hoe gaan jy kies wie se goed gee jy vir wie, en hoeveel vat jy vir jouself?

Omar Fourie "The search for significance" (Robert McGee) of dan betekenis/waarde, of dan "meaning" is ook iets waarna ek al gekyk het mbt my lewe. Maar ek vind dit is ook maar 'n leë term, 'n gejaag na wind, veral omdat die aard van die saak relatief staan tot iets (en oor 'n TYDperk) dus altyd jou jaag en natuurlik geld kos. Maar miskien is jy tot 'n mate tog reg as jy bedoel dat mens iets onselfsugtig of onbaatsugtig doen vir iets of iemand (gemeenskap). Dit is ook dalk wat ek bedoel met kommunaliteit, 'n daad of reeks dade tot voordeel van ander en die terugbetaling troef geld in die "sin" of "meaning" daarvan.

Omar Fourie: Ek sou sê goud het nie 'n intrinsieke monetêre waarde nie, maar dit is interessant dat dit wel oor die eeue vir die mens 'n fundamentele waarde het. Dus, as ek sou spaar vir die apokalips dan sou ek my geld belê in fundamenteles soos goud en diamante. Nee, ek sou nie sê geld is opsig self sleg nie.

Omar Fourie: Indien jy die beste kar moontlik wil hê het jy kapitalisme nodig. Indien jy die beste tenk wil hê het jy oorlog nodig. Indien jy die beste mens wil hê het jy nie bogenoemde noodwendig in gedagte/nodig/gebruik nie (miskien goeie soldate vir kanonvoer). Vir baie jare het mense die oorlewing en vooruitgang van die mensdom as ideaal beskou en die kapitaliste ("captains of industry") vir daardie vooruitgang ge-eer. Maar uit die 7biljoen mense is daar nou meer kwantiteit as kwaliteit. Miskien die potensiaal tot kwaliteit, maar dit kos ook baie om sulke mense te "kweek".

Vriend C: Omar Fourie Net omdat jy 'n term leeg vind, beteken dit nie dat dit is nie. Ek dink ook nie dat goud noodwendig intrinsieke waarde het nie, maar histories as 'n stoor van waarde is daar niks soos dit nie. Ek dink nie jy hoef te wag vir die apokalips om goud in die hande te kry nie, die hiperplasie wat hand aan hand saam met onteiening sonder vergoeding gaan kom is rede genoeg. As jy kos wil he om te eet het jy vrye mark kapitalisme nodig. Die miljoene en miljoene dood aan sterftes aan kommunale stelsels getuig daarvan. Ek dink om kwaliteit in myself te kweek is werk genoeg, voordat ek my begin bekommer oor die ander 7 biljoen.

Omar Fourie: As jy mooi gaan kyk na my opmerkings sal jy sien ek het die term "kommunisme" vermy, soos dit verstaan word uit Marxisme "seize the means of (industrial) production" en Stalinisme/Maosme se progroms wat soos jy tereg noem soveel mense se lewens ge-eis het. Ek glo nie die mens as spesie het kapitalisme nodig om te eet nie, maar ek glo die mens wat gegroei het tot 'n abberasie van 7biljoen mense dit het dit wel nodig.

Vriend C: Maar aan die ander kant was lewe voor kapitalisme maar rof/brutaal. Die idee van die "noble savage" dat bv. die rooihuide enige iets anders as 'n brutale droewige bestaan gevoer het is ook verkeerd. Ek stem saam met die stelling dat daar nog nooit n beter tyd was om te lewe as nou nie.

Omar Fourie: Om terug te kom na "meaning", of "betekenis" wat jy vroeër genoem het, dink ek jy is tog reg dat dit magtiger kan wees as geld. Dit hang natuurlik af van watter 'betekenis" ons praat. Die een waar jy jou self wil eer, verheerlik, bemagtig en dinge wil bereik...dit is een wat geld kos en dus is geld dan magtiger, maar dan is daar die soort "betekenis" waar jy "meaning" soek deur 'n lewe gewy aan ander, of "betekenis" deur ander te help en op te hef. Die siniese persoon sal natuurlik sê die tweede tipe is ook maar net egoïsties en eintlik ook maar net vantoepassing op die self in 'n verskuilde gedaante, m.a.w. ek help ander deur my liefdadigheidswerk en dit streel my ego en gee aan my 'n goeie gevoel van "betekenis" - en daai soort kos ook geld, dink byv. aan Bill Gates en sy "foundation" en hoeveel dit hulle kos, of die koninklikes en hulle "charities".

Omar Fourie: Wat Kapitalisme betref het dit, saam met demokrasie, kolonialisme en die twee wêreld oorloë 'n globale wêreld geskep met ongekende gelykheid onder volkere en toegang tot welvaartskepping (die vryemark). Ek dink tog dat kapitalisme dit gedoen het en steeds doen op die rug van die vernietiging van die natuur: Jy breek eers af, m.a.w. kap 'n boom af, myn vir erts, ens. saag, smelt kortom verwerk tot 'n produk en dit gaan verder ook gepaart met die gebruik van bronne soos water en elektrisiteit. Ek stem saam ons leef nou saam met tegnologie, in 'n goue era, maar ek dink dit gaan nie verewig kan hou nie, behalwe as ons 'n drastiese verandering kan maak i.t.v. die produksiemodel wat ons nou het, naamlik 'n kapitalistiese oorproduksie sisteem wat bevolkinontploffing reg oor die wêreld vergemaklik en die natuur verdring en vernietig. 'n Goue era inderdaad, ons is baie gelukkig.