Die Bestuurder: Radio Sonder Grense
Posbus 91312
Auckland Park
2006
Tel: (011) 714-2702
Faks: (011) 714-3472
26 Augustus 2018
RADIO SONDER GRENSE: INTERNET / SOSIALE MEDIA VERWYSINGS
RSG radio is ‘n medium wat duisende mense bereik, veral diegene wat nie oor ‘n rekenaar beskik nie, of selfs tv nie. Nog minder Twitter en ander sosiale media. Inderdaad ‘n radio stasie met weinig grense.
Hoe sal enigiemand in ‘n informele nedersetting met RSG verder kan kommunikeer, of dalk verder informasie kry, of dalk verder betrokke bly wanneer luisteraars deur RSG se aanbieders verwys word na RSG se Internet en/of sosiale media platvorms as hulle nie toegang het tot hierdie platvorms nie? Dit is iets wat gereëld gebeur.
Dit mag dalk wees dat RSG omroepers (aanbieders) nie besef in watter posisie hulle is teenoor die wat nie bevoorreg genoeg is om ‘n rekenaar, tablet of slimfoon te besit nie en gereëlde en goedkoop Internet toegang het nie.
Baie luisteraars is ook bejaard en nie vertroud genoeg met hierdie soort tegnologie nie of besit dit eenvoudig nie, aangesien baie bejaardes ook arm is.
In ‘n tyd van oordrewe politieke korrektheid en oordrewe sensitiwiteit, wil ek nie nog so ‘n stem hiertoe byvoeg nie.
Hierdie skrywe is dus slegs ‘n aspek wat ek opgemerk het aangesien RSG so ‘n weie luistertal het en dit dalk iets is waaraan omroepers aandag kan gee.
Met dank,
Omar Fourie
- Published on Steemit 26 November 2018