Steve Hofmeyr Geraps as Tweegatjakkals

in religion •  3 years ago  (edited)

238695242_385773149576878_3137538641358855293_n.jpg

Die akteur, sanger, skrywer, aktivis, beweerde rassis (hoewel ek nie met laasgenoemde saamstem), en skottelmoerende Afrikaner Steve Hofmeyr publiseer so ongeveer weekliks 'n possie op Facebook wat 'n oorsig van sy waarneminge gee.

Hy onderskryf glo die Bybel, wat ek effens verbasend vir so 'n intelligente man vind. Hoe ookal, breinvigs diskrimineer nie, enigiemand kan deur 'n pratende slang omgepraat word om 'n happie van 'n verbode vrugtetert te neem.

inCollage_20210628_175247914_GOMSaver.jpg

Dit kan natuurlik ook wees dat hy maar ewe trumpisties aan sy 128 000 stemmers - ek dink nie hy gaan vinnig parlement toe nie, hoor - voorgee hy glo die fabelsnert sodat hy darem kan aanhou geldmaak uit hulle. Daar is mos darem 'n les geleer uit die klomp skelm dominees met duur Mercedesse waarvan Suid-Afrika so baie het. Bejaarde boerbaarse wyfies is vir 'n ateïs so bang soos 'n boerbaar vir 'n boek, en dis mos darem hulle wat sy Pampoen koop. As hulle moet uitvind hy kan deur godsnot sien is daai pampoen gaar.

inCollage_20210615_175917957_GOMSaver.jpg

Soos alle stoere Boere is Hofmeyr ook moerig oor die aantal plaasaanvalle in Suid-Afrika. Hoewel 'slegs' 55 boere vermoor word per jaar uit 'n totaal van 20 000 moorde landswyd, is Afrikaners tereg bekommerd oor die geweld en marteling wat met plaasaanvalle gepaardgaan, en natuurlik die verkragtings van boere se vroue en hul jong maagdelike dogters.

Want sê die Bybel nie baie duidelik dat die verkragter van so 'n jong boeredogter daarna met haar moet trou, en aan die pa 'n boerbok of ses moet betaal nie? Wat as Sipho nie die boerbokke kan betaal nie, sal die gemartelde pa tevrede wees met 'n paar klei-osse? Wag, kom ek wys julle mooi die opdrag van ou Vuilbaard reg daar in jul Bybel wat jul kinders ook lees en stilletjies breinverrotting gee:

WaterMark_2020-05-03-21-15-57.jpg

Dié sprokiesbundel van geloofsgefoktes maak dat bykans alle geloofsgefoktes een ding preek, maar dan 'n ander ding doen. Dit kweek 'n oneerlike karakter en verwronge volk. Maar mens wil mos darem ook nie vir ou Sipho so hard straf deur hom lewenslank getroud te laat bly met 14-jarige Annelie nie, né. Dis natuurlik nie 'n straf vir haar nie, die Bybel sê duidelik dat vroue verkoop, verkrag, en ontvoer mag word, en onderdanig en stilbekkig moet wees.

1612203802574.jpg

Nog 'n voorbeeld: 'n Geloofsgefokte sal - soos die Bywil (!) hom voorsê, preek dat sy kinders die opdragte in die Bybel moet uitvoer, die Bybel is waar en goed, preek ons sonder om te dink. Dit sluit in om mense wat op Sondae werk, en mense wat met sport ou Vuilbaard se onheilige naam, wel, ontheilig, met klippe dood te gooi. (Dis hoekom sport en ballejaag verbode was tydens die goeie ou dae waarna sy volgelinge so terugverlang.)
Die doodgooiery doen hulle meestal gelukkig nie, anders sal hulle niemand hê om hulle in die Spur - wat hulle kamma boikot - te bedien nie.

Die moderne boerbaar van vandag het besonder konfyt geraak daarin om slegs die dele van die Bybel wat hom pas te onthou, en die res ewe gerieflik te vergeet.
So amper asof elkeen vir homself 'n lekker gerieflike aangepaste gelofie opgedis het, wat uiteraard verskil van sy mede-geloofsgefokte s'n, daarom dat die spul so baklei onder mekaar en Orania 8 kerke en net 3 skole het (volgens Wikipedia.)
Mens kan maar sê Rooikappie is nie meer goed genoeg nie, sy het nou 'n selfoon en 'n korter rokkie en sy het haar piekniekmandjie aan die Wolf opgeoffer vir ons sondes. Maar haar naam is darem nog Rooikappie.

Dis baie tweegatjakkalsig om so een ding te onderskryf maar dan nie die opdragte daarin uit te voer nie, of hoe. Of dramatiese aanpassings te maak wat enige onveranderlike god-ding se ongewaste baard sal laat bewe van lus om kinders te versuip. En wanneer mens nie die moorddadige liefhebbende opdragte in die Bybel uitvoer nie gaan jy nie Sprokieswolk toe na jou dood nie, hoor.

1612139243190.jpg

Elk geval, neef Stief was in die nuus so 'n tyd terug - gods Gert, ek kan nie onthou wanneer nie - toe die Afrikaner weer 'n slag lus was vir boikot hou en koeksisters knibbel. Ek kan nou nie die volgorde onthou nie, maar Spur, Dstv, Radio Kakaranda en 'n swart vrou wat lus was vir fietsry, Coca-Cola, en nog so een of twee ander het onder die boerbare in Suid-Afrika se gramskap deurgeloop vir kinderlike redetjies. So toe word daar lekker boikot gehou, maar toe 'n ekstra-geloofsgefokte darem voorstel dat drank ook geboikot word is hy dadelik geteer en beveer en tot addergebroedsel affie duiwel verklaar.

Dis die tweegatjakkalsige manier om stilletjies Coca-Cola te drink terwyl jy die wêreld vertel hoe jy Coke boikot, maar jou drank bloots sonder dit drink? Se moer, ou perd. Het jy al geproe hoe kak proe Klipdrift sonder Coke?

Dié storie van vandag het eintlik betrekking op die tyd toe die bygelowige span volk in Suid-Afrika die beeldradiodiens (oe lekker ou Afrikaans daar uit die goeie ou dae, né) Dstv geboikot het. Ek kan wragtig nie onthou waaroor nie, maar ek sal 'n streepsak suiker wed dat ras 'n rol gespeel het.

Of dat Dstv se moedermaatskappy nie meer vir Stief 'n mooi liedjie wou laat sing het teen betaling nie, en kyk, mens moenie aan 'n Afrikaner se beursie raak nie. Vir geld is Afrikaners baie lief, baie sal hul eie moederwyfies aan 'n treinspoor vasbind daarvoor. Of die hele volk opsteek tot metaforiese fabrieke afbrand en winkels leegdra, tot die donkerder volk in Suid-Afrika hulle 'n jaar of wat later wys hoe dit regtig gedoen moet word. Steve is steeds in Dstv se denkbeeldige tronk ondanks die boikot, maar Zuma sit na 2 maande al klaar weer lekker dik en uitgevreet daar in sy groot kaia en lag vir sy eertydse braaivleismaatjie.

Toe breek die nuus groot dat 'n bekende sanger sy Dstv skottel stukkend geslaan het met 'n hamer. Of dit van 'n dak afgegooi het. Of hy van die dak afgegooi is deur die skottel. Ek kan sowaar nie onthou nie.

En so beland Steve Hofmeyr toe in die nuus vir sy boikotistiese daad, terwyl ongeveer 97% van daardie land se bevolking oor alle pelskleure heen vir hom en die boikot lag. Party was darem beleefd genoeg om dit net agter sy rug te doen, waarvan sy vrinne waarby ons nou-nou kom, en sy swart 'bediende' soos hy die huishulp noem moontlik een was.

Terloops, waarom 'n swart vrou in diens neem, is daar nie baie blanke vroue in plakkerskampe daar om Pretoria wat enigiets sal gee vir 'n werkie nie my baas? Moet die boervolk nie bemagtig word en die swart vyand nie aan eie boesem vertroetel word nie? Was Eugene Terreblanche se dood tydens 'n Paashaasfees nie 'n waarskuwing nie?

In vandag se Steve-plasing noem hy dat 'n paar mense hom vra hoe hy rugby gekyk kry so sonder sy skottel. Dis nie asof 'n driedruk - wat nou al 'n nege behoort te wees met inflasie saam - per rooksein vanaf 'n brandende band daar op 'n pad oorgedra kan word nie. En na lekker Jakaranda word daar mos nie meer geluister nie, al is die een radio-omroeper Rian (sy van nou weer?) 'n moerse cool ou met 'n alte gawe IK.

Vandag het Steve toe sy storie gereed oor sy moertoegevalle skottel, vir die nare Afrikaners wat hom sulke taai vrae vra en dalk verraaiers van die volk kan wees omdat hulle vermoed hy steek 'n heel ene onder die afdak weg.

Sien, seg hy, sodra dit rugbytyd is so op die Sondag, dan sit hy af daar op sy perdekar na sy vriende toe, en pleks van sondaars gaan stenig wat dit durf waag in die Mall om geld te probeer verdien pleks van wag vir manna vanuit die hemel soos die goeie vroue in 'n wit plakkerskamp, kyk hy en vrinne maar eerder na sondige rugby. Op vrinne se duur platskerm met sirroûnt sount en alles. Natuurlik gebruik Steve nie my presiese woorde nie, hier is sy woorde op die kiekie:

IMG_20211007_233255.jpg

Soos altyd is die gewone span tromboeries toe in die kommentaarseksie kliphard aan lof besing en so hier en daar soos boeries maar doen 'n godsnotjie in te sleep. My oog vang toe kommentaar van wat 'n groot volksverraaier moet wees, wat dit sowaar waag om 'n warm vraag daar in die kerkbasaar in te gooi. Basies sê die ou toe vir onse Steve die deler is so goed soos die steler. Sies. Maar okay, hy het nogals 'n punt beet.

IMG_20211007_233737.jpg

Ek sal maar môre gaan kyk op FB of die man dit oorleef het om te waag dink so tussen sy volksgenote deur. Nou eers gatvol getik, maar ek nooi die leser uit om oor die meriete na te dink van waar Hofmeyr sê hy gebruik ander mense se Dstv kode om Dstv te kyk.

Terloops, betaal die spul in Soweto darem nou al hul TV-lisensies?

Groete daar aan die boikotters in SA.



Enjoyed this article? Then upvote it!
Like interesting, controversial news and opinions? Follow me!


Something You Should Look Into....

Would you like to get paid for using Facebook, Twitter, and others? Click the banner below to see how.

1-PSM-black

I am getting paid on various decentralized, Web. 3.0, true free-speech social media platforms with its millions of new users, simply for doing the same stuff you're doing on Facebook. Join up (it's all 100% free) through my invitation links below to get you approved sooner, if you want the same. You missed the free Bitcoins in 2011, don't miss this bus again!

(Right-click on a link and select ‘open in new tab’ to check them all out.)
Ecency - HIGHLY RECOMMENDED!
Read
Noise
publish0x.com
SteemIt

Oh, and I switched from Google Search to PreSearch Why?
It delivers highly accurate, relevant search results to my queries, is vastly more private without tracking, has a beautiful customizable user interface, and they pay me for every single search. I LOVE getting paid for doing what I would anyway have done online! :D
PreSearch is now a default installation choice on Android phones in the European Union thanks to the above.

Authors get paid when people like you upvote their post.
If you enjoyed what you read here, create your account today and start earning FREE STEEM!