Op Facebook vra 'n aantreklike getroude vrou vir raad nadat sy deur 'n skelm - vermoedelik 'n ongewerwelde boerbariese Afrikaner - verkoper van 'n karavaan ingeloop is. Dié sit en lag seker nou lekker vir hoe hy 'n mede-Afrikaner 'ouwer tjaarts' het, so daar met 'n brandewyn en Coca-Cola in die poot.
Chantelle Steven de Bruyn - Steven is waarskynlik haar man; 'n gesamentlike profiel - het 'n tweedehandse karavaan vir R 50 000 gekoop, waarvoor mens darem 'n redelike behoorlike karavaan verwag, hoewel natuurlik al oud van wiel en speek. So 1990s, reken ek, volgens FB Marketplace.
In 'n ander post het ek al genoem hoe skelm en agterbaks en gierig en oneerlik baie Afrikaners is wanneer dit by geld kom. Dit blyk in dié geval het die verkoper nie gemeld het dat die karavaan vrot is van waterskade nie. Oftewel, houtvrot, enige karavaaneienaar se grootste nagmerrie.
Dalk het hy genoem hy het 'n venster oopgelos en die skade sterk onderspeel, maar ek is oortuig hy het nie die volle omvang verklap nie, anders sou Mev. De Bruyn nie gekoop het vir daardie bedrag nie. Sy mag blond wees, maar te oordeel aan kommentare in die thread self klink sy darem nie dom nie. Al is die spelling so hier en daar maar krom en vrot, maar dis Jan van Riebeeck se skuld.
Houtvrot ontwikkel oor 'n lang periode, en mens kan dit voel by die mure by plekke wat verkleur en/of so lekker sponserig voel. So asof mens lekker daarop sal kan slaap as jy die karavaan op sy sy draai. Daar is geen manier hoe die vorige eienaar nié van die skade kon geweet het nie, nie met al vier mure wat vrot is nie. Mens kyk nie 'n lekker slaapplek vir jare lank mis nie.
Die arme getroude paartjie - onthou hulle is 'n hele klompie bokke en genoeg geld vir 'n plaas in Zimbabwe kwyt - is toe omtrent net soveel gekwoteer deur 'n hersteldiens, al vier mure sal vervang moet word. Sy vra toe raad in 'n karavaangroep op FB.
In die kommentaarseksie lewer 'n klompie toe goeie raad, maar sal ek toe die kommentaar van ene Martin Theron sien. Dis in die middernagtelike ure deur hom geplaas, en ek vermoed 'n jagse trilling het deur sy tollie getrek. Of andersins spreek hy maar net wildvreemde vroue op seksueel-suggestiewe maniere aan.
Hy skop af deur die kamma-respekvolle woord - wat eintlik net 'n letter is - U te gebruik, 'n stokou, verouderde, uitgediende aanspreekvorm wat deesdae op tweegattigheid dui. Want sommer 'n draadplukkie daarna noem hy haar 'my skat'. Dis 'n vernedering vir 'n vrou om só aangespreek te word deur enigiemand behalwe haar man, dis neerbuigend teenoor haar, so asof sy net 'n seksuele voorwerp is.
Ja sy is fraai, maar dit gee nie 'n vreemde man sommer die reg om dadelik besitlik te raak nie. Geen wonder party vroue wil sommer vrywillig 'n sambreel dra soos in Afghanistan die geval is nie.
Ta se profiel is maar baie leeg, nie eens 'n cover pic (wat is die Afrikaans daarvoor wat mense dadelik sal snap?) nie, en geen inligting oor die vent nie. Dan vra die anonieme heer so ewe waar sy moontlike slagoffer ag ek bedoel potensiële kliënt haar bevind. Dis sommer sy intrapslag vraag daardie, niks oor die karavaan nie.
Sy profiel noem Rustenburg 'n keer of wat, wat my laat dink hy kan dalk daar nesskrop. Maar die Garankuwa wat hy noem is 'n voormalige swart township as ek reg onthou, 'n hele klomp draadplukke van daar af, so ek weet nie hoekom hy dit in sy kommentaar noem nie. Verwag hy die vrou moet haar karavaan in 'n swart woonbuurt insleep? Is hy self bruin of swart? Ek kan net dink watter moerige kaboutermannetjie Steven de Bruyn en ander getroude mans moet raak wanneer hulle sulke tipe kommentaar gerig aan hul vroue moet lees.
Aangesien die nutskattie sy kommentaar in die publieke domein geplaas het, plaas ek dus ook my repliek in die publieke domein. Hopelik dien dit as waarskuwing aan mans in Suid-Afrika met sy hoë vlakke van geweld teen vroue dat taalgebruik met seksuele innuendo teenoor vroue nié aanvaarbaar is nie.
Enjoyed this article? Then upvote it!
Like interesting, controversial news and opinions? Follow me!
Something You Should Look Into....
Would you like to get paid for using Facebook, Twitter, and others? Click the banner below to see how.
I am getting paid on various decentralized, Web. 3.0, true free-speech social media platforms with its millions of new users, simply for doing the same stuff you're doing on Facebook. Join up (it's all 100% free) through my invitation links below to get you approved sooner, if you want the same. You missed the free Bitcoins in 2011, don't miss this bus again!
(Right-click on a link and select ‘open in new tab’ to check them all out.)
Ecency - HIGHLY RECOMMENDED!
Read
Noise
publish0x.com
SteemIt
Oh, and I switched from Google Search to PreSearch Why?
It delivers highly accurate, relevant search results to my queries, is vastly more private without tracking, has a beautiful customizable user interface, and they pay me for every single search. I LOVE getting paid for doing what I would anyway have done online! :D
PreSearch is now a default installation choice on Android phones in the European Union thanks to the above.
Nice post. if you haven't Get the recent prize from bittorent for steem community don't get behind Sign in Now CLICK HERE and claim your BTT now
Downvoting a post can decrease pending rewards and make it less visible. Common reasons:
Submit
Fuck off, Jeylsm you scammer. Take your spam links elsewhere, here you'll get on your moer.
Downvoting a post can decrease pending rewards and make it less visible. Common reasons:
Submit