Deur die eeue het daar baie vorme van geld in verskillende gemeenskappe ontstaan. Die Romeine het hulle soldate met sout betaal. So het Marco Polo opgemerk dat die Chinese sout munte "gedruk" het met die keiser se embleem daarop. In Wes-Afrika was glas-pêrels gebruik wat nog deur die ou Egiptiese en Foenisiese ryke vervaardig was. Seeskulpe was weer populêr in die Amerikas en het so goed gefunksioneer dat selfs die vroeë Europese settelaars dit vir geld gebruik het.
Die vorm van primitiewe geld waarop die artikel fokus is Rai stene van die Yap eiland in die Stille Oseaan. Alhoewel die gemeenskap as primitief geklassifiseer kon word, was hulle geld stelsel baie gesofistikeerd in terme van Westerse standaarde. Omdat dit ooreenkomste met die Bitcoin stelsel toon, maak dit die moeite werf om te bespreek. Die eiland van Yap was al in die 16de eeu deur die Spanjaarde ontdek, maar dit was eers in die 19de eeu dat die Europeërs hulle geldstelsel begin verstaan het.
Die munte van hulle geldstelsel was die Rai stene wat soos meulstene gelyk het. Alhoewel hulle van verskillende groottes was, het enkeles tot vier metrieke ton geweeg. Die stene was gekap uit kalksteen wat nie op die Yap eiland voorkom nie, maar wel op die nabye eilande van Palau en Gaum. Met moeite moes die inwoners van Yap met kanoes na die eilande vaar waar hulle in die steengroewe 'n Rai steen uitgekap het. Daarna moes die steen op 'n kanoe terug geneem word. Die vervaardiging en vervoer van sulke steen was 'n moeilike proses wat nie gereeld gedoen was nie.
Alhoewel die steen op die eiland was, het dit nog geen eienaar besit voordat die gemeenskap die eienaarskap daarvan bevestig het nie. Daar is 'n geval waar 'n steen wat van 'n kanoe afgeval het en op die bodem van die see lê. Die eienaarskap van die steen is deur die gemeenskap bevestig soos enige ander en die eiennaar kon dit gebruik vir handeldryf sonder die fisiese teenwoordigheid daarvan op die eiland.
Wanneer daar 'n transaksie aangegaan was, het die eienaar met 'n gedeelte van sy steen betaal. Hierdie transaksie was dan aan die hele gemeenskap bekend gemaak sodat almal weet dat die ander persoon nou 'n gedeelte van die steen besit. Die gemeenskap kennis het as rekord van die transaksies gedien. Indien enige verskille oor die transaksie in die toekoms ontstaan het, was die gemeenskap bymekaar geroep om uitspraak te lewer oor die ware toedrag van sake deur 'n meerderheidsopinie.
Die manier hoe die stene gebruik was, het voldoen aan die dimensies van geld. Vir Tyd sien ons dat daar 'n hoë Voorraad-tot-Invloei verhouding was. Die stene was dus klinkklare geld wat gegrond was in die moeite om 'n steen te bekom. Die Waarde dimensie het uitgekom in die feit dat die eienaar gedeeltes van sy steen vir betalings kon gebruik het. Alhoewel hy nie die gedeeltes fisies hoef af te gestaan het nie, was dit gedoen deur 'n "inskrywing" in die gemeenskap se geheue. Die Ligging dimensie het ook staat gemaak op die geheue van die gemeenskap in die feit dat almal geweet het wie besittingsreg op enige van die stene gehad het. Transaksies kon dus op enig plek op die eiland uitgevoer word.
Die Rai stene het hulle waarde en funksie begin verloor nadat die Amerikaanse seekaptein David O'Keefe in 1874 ekstra stene op die eiland van Palau laat maak het om die inwoners van Yap te betaal om kokosneute te pluk. Die stene was deur die hoofman verwerp, maar dit het twee spalt in die gemeenskap veroorsaak omdat 'n gedeelte bereid was om O'Keefe se stene te aanvaar. Die hoë invloei van nuwe stene het die waarde van al die stene tot niet gemaak. Vandag is hulle net ornamente.
Die eerste les wat ons uit die Yap geldstelsel kan haal is dat geld nie waarde het nie, maar net waarde voorstel. Dit is waarom die stene nooit hoef te geskuif het nie ongeag wie almal gedeeltes daarvan besit. Wanneer van ruilhandel gebruik gemaak word, word twee items met dieselfde waarde geruil. In die geval van geld word 'n item met waarde geruil vir iets wat net waarde voorstel (geld). Geld is dus net 'n rekordhouding meganisme wat aantoon hoeveel waarde besit word. Waarde is dus iets abstraks wat tasbaar gemaak word deur die konsep van geld.
Die tweede les is die desentraliseerde geaardheid van hulle rekordhouding wat met die Bitcoin netwerk ooreenstem. Indien die hoofman al die rekordhouding gedoen het van die transaksies sou dit ooreen gestem het met 'n middelman wat vertrou moes word of te wel ons moderne bankstesel. Al die transaksies wat deur die bank hanteer word, word op 'n sentrale grootboek geskryf wat die finale waarheid oor besitreg uitbeeld. Instede van die hoofman was dit die Yap gemeenskap wat rekord gehou het van al die transaksies. Elke lid van die gemeenskap se geheue was 'n "grootboek". Wanneer 'n verskil onstaan, is dit met die meerderheid van die gemeenskap kennis opgelos. Sake is dus besleg deur 'n meerderheidsopinie.
Die Bitcoin stelsel werk op dieselfde wyse. Sy gemeenskap bestaan uit 'n klomp nodusse op 'n netwerk. Elke transaksie op die netwerk word in elke nodus se grootboek opgeteken. Instede van een grootboek soos 'n bank, is daar nou duisende grootboeke. In geval van 'n dispuut word konsensus bereik waar die meerderheid van grootboeke ooreenstem.
Bron:
Saifedean Ammous, (2018), "The Bitcoin Standard. The decentralised alternative to centralised banking / Chapter 2", Published by John Wiley & Sons, Inc., Hoboken, New Jersey